Film Fantasia
Fri, 02 Oct
|Pierneefteater
'n Opwindende reis deur van die mees ikoniese rolprente se klankbane, vol van fantasie en vermaaklikheid.
Time & Location
02 Oct 2020, 19:00
Pierneefteater, Mogg Ave, Villeria, Pretoria, 0084, South Africa
About the event
Magdalene Minnaar deel in hierdie splinternuwe soloproduksie haar liefde vir die silwerskerm vir die eerste keer met ‘n lewendige gehoor sedert Covid-19 en haar laaste optrede van PORTRET by US Woordfees saam met pianis Maryke Johnson. Saam bied hulle weer ’n vars en meevoerende program aan.
Die program bied ‘n kaleidoskoop van klanke en bekende melodië geskryf deur gevierde filmkomponiste soos Hans Zimmer, Ennio Morricone, John Williams en Alan Menken. Herleef die vasbeslotenheid van Father Gabriel se verhaal in die temalied van The Mission, smoorverliefde lirieke van Belle se karakter in W. Disney se Beauty and the Beast én die skoonheid van die onverganklike Audrey Hepburn in Breakfast at Tiffany’s deur Moon River. Beleef Magdalene se fluweel sopraanstem wat nuwe asem blaas in die klassieke poplied oorspronklik gesing deur Bette Midler, The Rose, wat deur Maryke verwerk is. Daar is reeds tientalle films wat emosionele en nostalgiese tonele die haarreismooi gevoel laat bereik met die onvergeetbare La vie en Rose wat deur Edith Piaf in 1946 bekend gemaak is, ook die titel van die biografiese film oor die Franse sangeres vertolk deur Marion Cotillard. Van Frans na Latyn kan in hierdie produksie gehoor word asook die opgemaakte taal van Lisa Gerrard se Now We are Free wat die hartstogtelike herinnering van Maximus in Gladiator soos ‘n pynlike tog strelende wiegellied deur die grasvelde laat klink.
Bespreek by info@pierneefteater.co.za